As 'n ouma nie plooie het nie, het sy nie genoeg gelag nie.
Die enigste mense wat nooit misluk nie, is die wat nooit probreer nie.
Om oud te word is erg, maar die alternatief is erger.
Sukses word nie bepaal deur die vermoƫ om aan te hou nie, maar deur die gewilligheid om van voor af te begin.
Leef so dat die predikant by jou begrafnis die waarheid kan vertel.
Genade verstom omdat dit teen gesonde verstand indruis.
Net die mense wat niks doen nie, maak nie foute nie.
Kies - terug na die Bybel of terug na die oerwoud.
Liefde is die enigste diens wat mag nie kan beveel nie en geld nie kan koop nie.
Niemand kan 'n leier wees as daar nie mense is wat hom volg nie.
Groete
Rynette
Ek het per ongeluk op Rynette se Facebook profiel afgekom en sulke oulike gesegdes en wyse woorde daar teƫgekom, dat ek haar gevra het om 'n paar met ons te deel.
Baie dankie vir hierdie wyse woorde.
Ciarra