Hello daar almal
Partykeer as die ouderdoms pyne my beet kry en ek nie kan slaap nie, is die beste medisyne ‘n koppie boeretroos op my stoep.
Ek het al talle ure in die donker hier gesit en luister na al die nag geluide. Dis verbasend hoeveel verskillende geluide ‘n mens kan hoor. Daar is kriek en padda kore, voëls en ook Meneer Uil wat die mooiste geluide maak. As ek gelukkig is soms en die bokke is naby, kan ek hulle geluide ook hoor. Julle moet dit bietjie op die proef stel.
Dis wanneer ek hier sit met al die natuur geluide om my en ek sien die son opkom voor my, dat ek werklik besef hoe geseënd ons is wat hier bly.
Net een stukkie advies – as jy wil buite sit, trek vir jou pantser klere aan. Ek weet nie of dit orals is nie, maar hier langs die dam eet die muskiete ons voos!
Tot later
Blou Bulle