16 November 2010

Waar is die wilde diere?

Ons het vriende van Swartruggens oorgenooi sodat ons kon spog met ons eie "wilds plaas" hier in die middel van die dorp.

Probleem is ons het hulle genooi voordat die diere verminder is. Ons het 'n hele paar keer die hele landgoed plat gery, maar niks gesien nie. Wat 'n anti-klimaks!

Hoeveel diere het ons van die landgoed verwyder?

Ek reken nie eers 'n veedief sal twee keer na ons landgoed kyk nie, want daar is niks om te steel nie.

Ou suinig