Goeie dag,
Ek en my ander helfte is nuwe eienaars in die landgoed. Ons is baie gelukkig in ons nuwe huis, maar daar is 'n paar jakkalsies wat pla.
Ons het ook 'n plekkie in Zimbali, en daar is 'n hele paar dinge wat kort kom in die landgoed van ons. Onder andere is daar gesê dat bediendes / tuiniers glad nie mag rondloop nie, maar dit gebeur wel. In Zimbali het ons ook die reëling, en geen bediendes / tuiniers loop rond nie, want ons almal betaal 'n deel vir die vervoer van die voetgangers (by ons maandelikse heffings) of jy van hulle dienste gebruik maak of nie en dit sluit ook die "suinige" inwoners naby die hek in wat hul bediendes wil laat loop. In Zimbali loop die bussie al die tyd wanneer daar passasiers is. Hier in ons landgoed betaal net sekere mense ekstra, en dan loop die bussie ook net op sekere tye, menende dat die huis eienaars nou die vervoer werk moet doen.
Die ander jakkals wat pla, is dat daar baie ongelukkigheid is onder die inwoners oor verskeie aangeleenthede en een kan net aanneem dat die bestuur van die landgoed hiervoor verantwoordlik is.
Groete
Mnr en Mev Hadida