Hello daar,
Baie mense het al die kameelperde gesien, maar ek het hulle nog nie met 'n oog gesien nie. Ek het gedink miskien kyk ek teen my oog velle vas, tot nou die aand.
Ons was uit na 'n partytjie en ek het 'n hele paar glase wyn ingehad. Dit was omtrent 11H30 toe ons met Roller straat opry huis toe. Om die draai net verby Archie Rutherford se huis toe dog ek nou wat maak die bome in die pad. Maar nee, die bome beweeg soos bene. Toe sien ek nou so wragtig, maar dis dan die kameelperde. Hulle was glad nie gepla met ons nie en wou ook nie uit die pad padgee nie. Hulle het ons net aangestaar en uiteindelik besluit om pad te gee. Maar ek moet sĂȘ hulle is tog te pragtig.
Vir die mense wat hulle nog nie gesien het nie, hou moed en dit sal die moeite werd wees as julle, hulle te siene kry.
Tot later
Sorieta